Find it.Tour it.Trust it.
































House1 / 33Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
R 760 000
EKSKLUSIEWE MANDAAT - Rustige Bosveld-leefstyl in Kammaland – Aandele-eienaarskap Ontsnap na die rustigheid van die Bosveld met hierdie besonder netjiese en moderne eenheid in die Kammaland-ontwikkeling, net ±20 km vanaf Naboomspruit – gerieflik bereikbaar via ’n teerpad. Hierdie eiendom bied aandele-eienaarskap en is ideaal vir diegene wat wil afskaal sonder om leefruimte en natuurlike skoonheid prys te gee. Die huisie bestaan uit: • 1 ruim slaapkamer met ’n stylvolle inloopkas (verberg agter elegante glasdeure) • ’n En-suite badkamer met stort, toilet en wasbak • ’n Addisionele vertrek wat perfek dien as ’n kantoor, stokperdjie- baba- of kleuterkamer • ’n Oopplan sitkamer en kombuisarea Die moderne afwerkings sluit grys vloere, wit kaste en granietblaaie in, wat ’n skoon en kontempore^re gevoel skep. Die leefarea word gekenmerk deur groot glasvensters wat volop natuurlike lig inlaat en ’n pragtige uitsig bied oor die groen grasperk en omliggende bome en gereelde boksoort besoekers– ’n ware verlengstuk van die natuur binne jou huis. Vanaf die stoep betree jy die woning via ’n ruim, uitnodigende buiteleefarea. Die eiendom beskik verder oor: • ’n Sonnige, glas-omslote sonkamer • ’n Praktiese stoorkamer • ’n Netjiese tuin en groot grasperk • ’n Motorhuis met ingeboude wasgeriewe (met potensiaal om in ’n ekstra kamer en badkamer omskep te word) • ’n Motorafdak Daar is ook sonpanele en 'n inverter met batterye wat nie ingesluit is in die prys nie. Dit sal ingesluit word teen 'n vergoedingsprys ooreengekom. Die ontwikkeling bestaan huidiglik uit slegs 38 huise en is volledig omhein met beheerde toegang, wat gemoedsrus en veiligheid bied. Inwoners en hul gaste kan ook gebruik maak van ’n gemeenskaplike swembad binne die landgoed – ideaal vir ontspanning op warm Bosvelddae. Die area is stil en besonders gewild vir sy natuurlike omgewing. Wildlewe soos njalas, blesbokke en rooibokkies kom gereeld besoek afle^ en skep ’n unieke, rustige leefervaring reg op jou voorstoep. Hierdie eiendom bied die perfekte balans tussen gemak, styl en natuur – ’n uitstekende keuse vir ’n rustige aftree- of vakansiewoning in die Bosveld. SLEGS KONTANT KOPERS Vrywaring: Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Estimated monthly repayment
R 7 177
on a R 684 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Listed by
Busisiwe Hadebe
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
Flat / ApartmentR 770 000
Bendor
TownhouseR 875 000
Bendor
HouseR 840 000
Constantia Resort
HouseR 800 000
Driefontein Ah
HouseR 699 000
Westenburg
HouseR 960 000
Mookgopong
HouseR 880 000
Nkowankowa
HouseR 550 000
Vaalwater