Find it.Tour it.Trust it.



























House1 / 28Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
R 3 500 000
Hierdie woonhuis herinner aan die tipe huise waarmee ons as kinders grootgeword het. Ruim leefvertrekke, 'n groot kombuis met spens, aparte opwasarea, 'n gesellige ontbythoekie, oorgenoeg kaste en pakplek en plek vir al die kombuis toerusting. Die hoofsitkamer is kolossaal en daar is 'n studeer/stokperdjie- kamer by die trappe wat lei na die motorhuis. Die huis het 'n formele aparte eetkamer vanuit die kombuis. Die huis het 'n reuse groot stoep wat die volle lengte van die woonhuis beloop - elke area sy eie identiteit. Vanuit die sitkamer en eetkamer is daar die ''son'' gedeelte vir koue wintersoggende, 'n braaiarea waar gesellig gekuier kan word, 'n sitplek area waar daar oor die pragtige bostuin uitgekyk kan word, dan 'n oggendkoffie sitplek area direk uit die hoofslaapkamer uit en heel onder in die hoek 'n jaccuzi en privaat kuier area. Die woonhuis het 3 slaapkamers op die woonhuisvlak met 2 badkamers waarvan die hoofslaapkamer se badkamer en-suite is met 'n bad, stort, wasbak en toilet en die gastebadkamer toegerus is met 'n bad, stort en wasbak en aparte toilet. Daar is ook 'n groot inloop linnekas. Die hoofslaapkamer en twee gastekamers het ingeboude kaste. Die gastekamer op motorhuisvlak is groot en ruim en meer as een dubbeldbed/'n paar driekwart beddens kan met gemak hier inpas. Die gastekamer het ook sy eie stort, wasbak en toilet. Daar is 'n dubbel motorhuis met 'n werksarea en onderdak parkering vir 'n karavaan of boot. Daar is ook 'n addisionele afdak vir parkering vir minstes 2 of 3 ekstra voertuie en twee stoorkamers. Die woning is aangrensend to die groenstrookarea aan twee kante en is uiters privaat. Daar is 'n boorgat met twee 10 000 Lt watertenks vir huis en tuingebruik. Die huis is toegerus met 'n solarsisteem. Kranspoort is enig en uniek in soort. 'n Plek waar mens kan asem haal van die dolle gejaag van die lewe buite hierdie beskermende area met wildsheining. Beheerde sekuriteitstoegang verseker dat inwoners hier veilig voel, en goeie instandhouding en beheer maak die lewe in Kranspoort absoluut gemaklik, Kranspoort bied u soveel meer as net 'n beskermende woongebied. Met die 9 putjie gholfbaan, jukskei bane, markdae, 4x4 roetes en staproetes, voeluitkyk punt en piekniek plekke sowel as speelplek vir kinders en braaigeriewe by die Raasblaar saal, is hier meer as genoeg om te doen. Kinders kan hier, sonder bekommernis van ouerkant, die bos gaan verken en op hul fietse klim en die dorp invaar. Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie woning te besoek.
Estimated monthly repayment
R 33 052
on a R 3 150 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Fair-value check
Fairly pricedIn line with comparable 4-bed houses for sale in Kranspoort
Based on 18 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Listed by
Amahle Pretorius
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 2 500 650
Kingsview
HouseR 2 950 000
Secunda Central
HouseR 2 600 000
Valencia Park
HouseR 2 800 000
Fransville
HouseR 2 595 000
Piet Retief
HouseR 2 980 000
Noordrand
HouseR 3 400 000
Hazyview
HouseR 2 850 000
Steiltes