Find it.Tour it.Trust it.



















































House1 / 52Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
R 4 200 000
Hierdie pragtige splinternuwe woning op die Kranspoort Gholfbaan beslaan 443 vierkante meter op 'n 3998 vierkante meter erf met 'n pragtige uitsig oor 'n bosarea en die Kranspoort Gholfbaan. Gebou met klinkersteen en pragtige natuurlike klipwerk om in te pas by die lieflike omgewing. Die woning bied u 'n lieflike moderne goed beplande ruim kombuis met graniet blaaie, 'n groot eiland in die middel van die kombuis met gasplate en elektriese oond, twee groot spenskaste en oorgenoeg pak en laaiplek. Hierdie droomhuis kombuis het plek vir 'n dubbel yskas en het 'n aparte opwasarea. Die dubbelmotorhuis met sy elektriese motorhuis deure stap direk in die woonhuis in, deur die opwaskamer. Daar is ook 'n stoorarea/werkskamer/waskamer in die dubbel motorhuis wat ook uitstap op die binneplein. Die opwasarea se agterdeur stap ook uit op hierdie binneplein area. In hierdie gedeelte is daar 'n buite wasbak asook buite geriewe, netjies toegemaak en verskans. Daar is ook twee dubbel ekstra hoogte onderdak parkeerareas vir 'n groot boot of karavaan en meer as genoeg ''omdraai" plek. Die leefarea is oopplan en baie ruim met 'n groot sitkamer en eetkamer area. Vanuit die sitkamer stap jy deur dubbel skuifdeure uit op die toegeboude patio/onthaalarea met ingeboude braai en opvou alliminium vensters en buitedeur. Vanaf die onthaalarea is daar die boma area wat netjies geplavei is met 'n boma en netjies toegemaak met ''clear view'' omheining. Hier gaan u, vriende en familie heerlik kan saamkuier. Daar is meer as genoeg plek vir 'n swembad indien u een sou verkies. Die boma kuierplek is ook bereikbaar vanaf die formele sitkamer, eetkamer- kombuis area wat uitstap op die stoep en boma area. Die woonhuis bied u verder 4 slaapkamers met 4 en-suite badkamers waarvan die gastebadkamers toegerus is met 'n stort, wasbak en toilet en die hoofslaapkamer se badkamer met 'n stort, dubbel wasbak, toilet en groot bad. Die kamers is ruim met oorgenoeg ingeboude kaste vir hang en pakplek. Twee van die gastekamers en die hoofslaapkamer stap uit op die pragtige groot stoep vanwaar u die natuurlike omgewing en dierelewe kan geniet. Privaatheid is verseker. Verder is die woonhuis toegerus met 'n watersuiweraar en 'n volledige solarsisteem met 8kW Omskakelaar, 10kW lithium battery en 12 x 545W panele. Kranspoort is enig en uniek in soort en die Kranspoort leefstyl word al hoe meer gewild. Kranspoort is bekend vir sy veiligheid, vriendelike mense, rustige omgewing en goeie instandhouding en beheer deur die Kranspoort Eienaars Komitee. Kranspoort is beslis 'n plek waar mens kan asem haal en ontspan, weg van die dolle gejaag van die lewe buite hierdie beskermende area met wildsheining. Beheerde sekuriteitstoegang verseker dat inwoners hier veilig voel, en goeie instandhouding en beheer maak die lewe in Kranspoort absoluut gemaklik, Kranspoort bied u soveel meer as net 'n beskermende woongebied. Met die 9 putjie gholfbaan, jukskei bane, markdae, 4x4 roetes en staproetes, voeluitkyk punt en piekniek plekke sowel as speelplek vir kinders en braaigeriewe by die Raasblaar saal, is hier meer as genoeg om te doen. Kinders kan hier, sonder bekommernis van ouerkant, die bos gaan verken en op hul fietse klim en die dorp invaar. Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie lieflike woning te besigtig.
Estimated monthly repayment
R 39 662
on a R 3 780 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Fair-value check
Priced highPriced 28% above comparable 4-bed houses for sale in Kranspoort
Based on 8 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Listed by
Nomvula Pillay
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 4 970 000
White River Estates
HouseR 4 190 000
Reyno Ridge
HouseR 3 490 000
Secunda
HouseR 4 350 000
Bethal
HouseR 3 184 000
Ben Fleur
HouseR 4 495 000
Gholfsig
HouseR 3 855 000
Reyno Ridge
HouseR 5 450 000
Bankenveld Estate