Find it.Tour it.Trust it.



























































































House1 / 92Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
R 4 750 000
ALLEENMANDAAT: Hierdie besonderse eiendom in 'n cul-de-sac op die Kranspoort Gholfbaan is eerlikwaar anders as die gewone. Uiters uniek met rustieke sjarme dog uiters smaakvol en sjiek. Van die oomblik wat 'n mens deur die voordeur stap is daar om elke hoek en draai net nog iets wat beindruk. Die groot oop vensters laat lig en lug binne in die ruim oop leefvertrek, eetkamer en kombuis. Die pragtige kombuis is toegerus met 'n groot eiland en ooghoogte oond. Die kombuis het oopvou skuifvensters wat jou laat uitkyk op die pragtige tuin, stoep, swembad en onthaalarea met die rustige bosveld omgewing waar verbygaande wild vrylik rond beweeg. Daar is 'n aparte opwasarea en waskamer. Vanuit die kombuis stap u uit op 'n groot veranda wat ook vanaf die hoofslaapkamer en die braaikamer bereik kan word met opvou allimimium deure uitloop op die stoep/veranda met sy pragtige swembad. Daar is 'n buite opelug braai en boma area. Die oop balke skep 'n gevoel van ruimte en die hoe plafonne is kenmerkend regdeur. Gastekamer 1 en 2 het ingeboude kaste en elke kamer het sy eie en-suite oopplan badkamer met stort, wasbak en toilet. Die hoofslaapkamer het 'n "his & hers" badkamer met die een kant toegerus met 'n toilet, wasbak en stort sowel as ingeboude kaste en die ander gedeelte, met 'n groot losstaande bad, wasbak en toilet en meer as genoeg ingeboude kaste. Die hoofslaapkamer is ruim en groot en kyk uit oor die swembad, stoeparea en die pragtige bosveld omgewing. Die 4de gastekamer is aangrensend tot die motorhuise en losstaande van die hoofhuis. Hierdie gastekamer kan twee dubbelbeddens of selfs 'n koningin grootte bed met twee driekwart beddens neem, daar is ingeboude kaste en 'n en-suite badkamer toegerus met stort, wasbak en toilet. Die onthaalarea/braaikamer is 'n groot ruimte met 'n ingeboude braai, plek vir 'n groot sitkamerstel sowel as 'n eetkamerstel en het ook 'n gastebadkamer. Die braaikamer stap ook uit op die swembad en stoep area met opvou alliminium deure. In hierdie woning word daar gerieflik van binne na buite geleef met alles op een vlak. Die aparte boma area is 'n heerlike gesellige plek waar vriende en familie tot laatnag om 'n kampvuur kan sit en die rustige bosveld omgewing kan geniet. Die hoofhuis is toegerus met 'n solarsisteem en die 4 motorhuise met die aangrensende 4de slaapkamer, met sy eie solarsisteem. In totaal dan 'n 10kw inverter sisteem met 20kw batterye en 12 panele. Die motorhuis is reusagtig groot en is hoog genoeg vir 'n karavaan of boot om in te parkeer. Daar is ook oorgenoeg werkspasie vir 'n man wat lief is om homself besig te hou in die motorhuis met 'n stokperdjie. Die motorhuis met die aangrensende gastekamer 4 is 146 vierkante meter en die hoofhuis 384 vierkante meter. 'n Indrukwekkende 527 vierkante meter onder dak ingesluit die stoorkamer. Hierdie is voorwaar 'n besonderse woning, uniek, rustiek en manjifiek. Besonders anders en 'n eiendom wat u verseker sal beindruk. Kranspoort is gelee op die N11 tussen Middelburg en Groblersdal en 'n klipgooi van die gewilde Loskopdam en reservaat. Hier loop wild tussen die woonhuise rond en kan kinders met fietse in strate gaan ry of die bosveld omgewing verken sonder enige bekommernis. Kranspoort bied aan inwoners 4x4 roetes, staproetes, 'n 9 Putjie gholfbaan, Diskgolf, 'n klubhuis waar etes bestel kan word, restaurante in die omgewing, 'n gemeenskapskerk, drankwinkel en Kudu Mini Market, stooreenhede, die Moot Restuarant oorkant die ingang van Kranspoort, asook die Damwal slaghuis, winkel, vulstasie en Mossienes kwekery. Kontak my gerus telefonies of per whatsapp vir 'n afspraak.
Estimated monthly repayment
R 44 856
on a R 4 275 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Fair-value check
Priced highPriced 45% above comparable 4-bed houses for sale in Kranspoort
Based on 8 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Listed by
Siya Motaung
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 5 450 000
Bankenveld Estate
HouseR 4 190 000
Reyno Ridge
HouseR 4 495 000
Gholfsig
HouseR 3 855 000
Reyno Ridge
HouseR 5 500 000
Groenkol
HouseR 4 970 000
White River Estates
HouseR 3 490 000
Secunda
HouseR 4 350 000
Bethal