Find it.Tour it.Trust it.

















House1 / 18Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
R 1 200 000
Netjiese 3 slaapkamer, 2 badkamer siersteen huis in gesogte area teen goei prys! Hierdie netjiese 3-slaapkamer, 2-badkamer siersteenwoning met hoof-en-suite is gelee¨ in die gesogte Golfpark in Naboomspruit. Die area is bekend vir sy veiligheid en rustige atmosfeer — ’n fantastiese, goed onderhoude eiendom teen ’n baie goeie prys! Wanneer jy die woning vanaf die motorhuis se kant betree, word jy verwelkom deur ’n ruim kombuis aan die linkerkant, toegerus met pragtige houtkaste en volop pakplek. Die kombuis vloei na ’n besonder ruim oopplan sit- en eetkamer wat oor die volle breedte van die huis strek — ’n ideale ruimte vir gesinslewe en onthaal. Vanuit die leefarea is die eerste slaapkamer aan die linkerkant gelee¨. Aangrensend hieraan is die hoofslaapkamer, kompleet met ’n deurloop-ingeboude kasarea wat lei na die en-suite badkamer. Hierdie volledige badkamer beskik oor ’n bad, stort, toilet en wasbak — gerieflik en prakties ingerig. Aan die oorkant van die oopplan sitkamer is die derde slaapkamer, asook ’n tweede badkamer met bad, wasbak en toilet wat die res van die huis bedien. Die erf is ruim genoeg om ’n pragtige tuin te ontwikkel en bied genoeg spasie vir jou vierbeen-kinders om vrylik rond te beweeg of speelplek vir die kleingoed. Die eiendom is perfek gelee¨ naby al die belangrike koopsentrums en besighede, wat daaglikse gerief verseker. Hierdie woning is ideaal vir ’n gesin, of vir ’n ouer paartjie wat wil afskaal maar steeds ruim leefareas en genoeg slaapplek vir familie en kuiergaste verlang. Daar is ook ekstra water opgaar tenks wat voldoende water verseker. Die dubbelgarage het 'n stewige netjiese afdak beveilig vir die sekerheid dat alle voertuie, waentjies ens. veilig en beskerm is. ’n Uitstekende belegging en ’n goeie koop! Hierdie eiendom gaan nie lank beskikbaar wees nie — moenie wag nie, kontak my vandag om ’n besigtiging te ree¨l! Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Estimated monthly repayment
R 11 332
on a R 1 080 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Fair-value check
Fairly pricedIn line with comparable 3-bed houses for sale in Mookgopong
Based on 68 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
TownhouseR 875 000
Bendor
HouseR 1 400 000
Impala Park
HouseR 960 000
Mookgopong
HouseR 880 000
Nkowankowa
HouseR 1 500 000
Annadale
HouseR 840 000
Constantia Resort
TownhouseR 1 320 000
Ivy Park
HouseR 1 460 000
Phalaborwa