Find it.Tour it.Trust it.


















































House1 / 51Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
R 3 185 000
Hierdie 4 slaapkamer woonhuis, gelee in die pragtige Kranspoort dorp, is te koop met meubels ingesluit. Kom druk jou eie stempel af op hierdie lieflike eiendom. Vanaf die stoeparea sowel as die kamers, het u 'n asemrowende mooi uitsig oor die bosveld omgewing en Kranspoort dorp. Die erf is aangrensend tot parkland aan twee kante en is u derhalwe verseker van wild wat hier beweeg. Die woning bied u 4 ruim slaapkamers met 2 volledige badkamers, 'n groot kombuis en oopplan sitkamer en eetkamer, 'n ingangsportaal en 'n groot stoep. Daar is 'n aparte lapa area wegstaande van die huis waar u feitlik in die bos heerlik kan kuier en braai. Die eiendom is teen die berg gebou maar het vir gerieflikheid 'n parkering aan die agterkant van die woning om met 'n paar gemaklike trappe af na die agterdeur te stap met ingang by die kombuis. Die woning is van hier op een vlak. Die kombuis het soliede duursame houtkaste en selfs die binnedeure van die woning en ingeboude kaste is duursame hout. Die meubels, soos op die foto's, is in 'n puik kondisie en die waarde daarvan verseker elke sent werd. Met hier en daar 'n vervanging met nuwe moderne kombuis toestelle en moderne afwerking in sekere areas, sal u beslis 'n lieflike eiendom in die bosveld kan besit. Kranspoort is gelee op die N11 tussen Middelburg en Groblersdal en 'n klipgooi van die gewilde Loskopdam en reservaat. Hier loop wild tussen die woonhuise rond en kan kinders met fietse in strate gaan ry of die bosveld omgewing verken sonder enige bekommernis. Kranspoort bied aan inwoners 4x4 roetes, staproetes, 'n 9 Putjie gholfbaan, Diskgolf, 'n klubhuis waar etes bestel kan word, restaurante in die omgewing, 'n gemeenskapskerk, drankwinkel en Kudu Mini Market, stooreenhede, 'n Moot restaurant oorkant die die ingang van Kranspoort, asook Mossienes Kwekery in die omgewing. Kontak my asb vir 'n afspraak indien u belangstel om hierdie woning te besoek.
Estimated monthly repayment
R 30 077
on a R 2 866 500 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Fair-value check
Fairly pricedIn line with comparable 4-bed houses for sale in Kranspoort
Based on 8 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
HouseR 3 855 000
Reyno Ridge
HouseR 2 850 000
Steiltes
HouseR 3 490 000
Secunda
HouseR 3 184 000
Ben Fleur
HouseR 2 415 000
Reyno Ridge
HouseR 2 400 000
Secunda Central
TownhouseR 2 399 000
Die Heuwel
HouseR 2 900 000
Del Judor