Find it.Tour it.Trust it.



























House1 / 28Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
R 780 000
EKSKLUSIEWE MANDAAT - 3-Slaapkamer 2 badkamer Bosveldwoning in Kammaland – Aandele-eienaarskap Hierdie netjiese 3-slaapkamer, 2-badkamer woning in die rustige Kammaland-landgoed bied die ideale balans tussen gesinslewe en gemaklike afskaal. Die ontwikkeling bestaan uit slegs 38 huise en is veilig omhein met ’n geoutomatiseerde toegangshek. Inwoners en hul besoekers kan ook gebruik maak van ’n gesamentlike swembad – perfek vir sorgelose kuiertyd. Die natuurlike omgewing is besonders aantreklik, met njalas wat gereeld langs die heining beweeg en rooibokkies wat op die grasperke kom kuier. Jy betree die woning by die voordeur direk in die sitkamer – knus maar voldoende. Reg voor jou is ’n slaapkamer met ingeboude kaste en ’n en-suite badkamer. Links vanaf die sitkamer lei ’n gang na die res van die huis. Aan die regterkant van die gang is die ruim kombuis, terwyl daar aan die linkerkant nog twee slaapkamers is. Aan die einde van die gang is ’n tweede badkamer wat hierdie kamers bedien. Die kombuis is ruim en prakties uitgele^ en vloei uit na ’n gesellige kuierstoep waar ure se kwaliteit familietyd geniet kan word – ’n ideale spasie vir ontspan en onthaal. Die woning is groot genoeg vir ’n gesin, maar ook perfek geskik vir diegene wat wil afskaal sonder om te veel ruimte prys te gee. Bykomende kenmerke sluit in: • ’n Buitegebou vir ekstra stoorplek • 3 watertenks met ’n drukpomp vir betroubare watervoorsiening • 6 sonpanele en 1 battery – voldoende vir noodkrag om die noodsaaklikhede aan die gang te hou Hierdie eiendom bied ’n rustige Bosveld-leefstyl met praktiese geriewe en natuurlike skoonheid – ’n uitstekende geleentheid vir die Bosveld- en natuur liefhebber. SLEGS KONTANT KOPERS Vrywaring: Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Estimated monthly repayment
R 7 366
on a R 702 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Fair-value check
Good valuePriced 46% below comparable 3-bed houses for sale in Mookgopong
Based on 68 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Flat / ApartmentR 770 000
Bendor
HouseR 800 000
Driefontein Ah
HouseR 699 000
Westenburg
HouseR 550 000
Vaalwater
Flat / ApartmentR 820 000
Lephalale
TownhouseR 850 000
Annadale
TownhouseR 895 000
Ladine
HouseR 795 000
Leeupoort