Find it.Tour it.Trust it.



























House1 / 28Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
R 2 750 000
Hierdie uiters netjiese woning in Kranspoort bied jou 'n moderne woning, pragtige tuin met lae onderhoud, volledige solar sisteem sodat u gladnie Eskom nodig het nie, 'n solar geyser en water-herwinning-opgaartenks vir tuingebruik. Daar is drie baie ruim slaapkamers met baie ingeboude kaste vir genoeg pak en hangplek. Die twee gastekamers word bedien deur 'n badkamer met 'n groot stort, twee wasbakke en 'n toilet. Die hoofslaapkamer kyk ook soos die ander twee kamers uit op die pragtige tuin en het sy eie en-suite badkamer met bad, stort, dubbel wasbak en toilet. Die oopplan kombuis/sitkamer stap uit op 'n onthaalarea met ingeboude braai wat maklik in die winter gebruik kan word vir as 'n kaggel ook en heerlik vuur gemaak word vir hitte. Hierdie vertrek is ideaal vir beide winter en somer. In die winter kan vuur gemaak word vir hitte of die area gebruik word as 'n sonkamer met die sonnetjie wat sy kop laat uitsteek in die Ooste. In die somer kan die alliminium skuifvensters oopgeskuif word en hierdie dan heerlik gebraai en gekuier word. Dubbeldoelig is hierdie vertrek verseker. Die kombuis is uiters goed beplan met oorgenoeg kaste en pakplek, 'n aparte opwasarea en ook 'n inloop spens. Daar is plek vir 'n dubbel yskas/vrieskas en die kombuis is toegerus met 'n gasstoof en elektriese oond. Daar is 'n dubbel motorhuis wat ekstra groot is en genoeg plek het vir twee groot voertuie en 'n werksbank en stoorplek. Die huis het 'n aparte gastebadkamer asook buite gheriewe. Baie nuwe bome en plante is aangeplant en hier is regtig goed beplan om die huis en erf optimaal te benut. Voorwaar 'n baie goeie koop in Kranspoort. Kranspoort is gelee op die N11 tussen Middelburg en Groblersdal en 'n klipgooi van die gewilde Loskopdam en reservaat. Hier loop wild tussen die woonhuise rond en kan kinders met fietse in strate gaan ry of die bosveld omgewing verken sonder enige bekommernis. Kranspoort bied aan inwoners 4x4 roetes, staproetes, 'n 9 Putjie gholfbaan, Diskgolf, 'n klubhuis waar etes bestel kan word, restaurante in die omgewing, 'n gemeenskapskerk, drankwinkel en Kudu Mini Market, stooreenhede, die Moot Restuarant oorkant die ingang van Kranspoort, asook die Damwal slaghuis, winkel en vulstasie en Mossienes kwekery. U is meer as welkom om my te kontak vir 'n afspraak om hierdie eiendom te besoek.
Estimated monthly repayment
R 25 969
on a R 2 475 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
Fair-value check
Fairly pricedIn line with comparable 3-bed houses for sale in Kranspoort
Based on 29 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Listed by
David Ntuli
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 2 100 000
Dyksrus
HouseR 2 600 000
Valencia Park
HouseR 2 150 000
West Acres Ext 20
PlotR 2 390 000
Hilltop Ah
HouseR 2 800 000
Fransville
HouseR 2 980 000
Noordrand
HouseR 3 400 000
Hazyview
PlotR 2 440 000
Sundale Ah