Find it.Tour it.Trust it.



























House1 / 28Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
R 1 700 000
EKSKLUSIEWE MANDAAT - Netjiese en ruim 2-Slaapkamer, 2 badkamer (1 en-suite) Woning in die Natuur by Die Oog Aftree Landgoed Hierdie pragtige 2-slaapkamer, 2-badkamer woning is gelee¨ in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed in Naboomspruit (Mookgophong) en bied 'n unieke leefstyl waar rustigheid, natuur en gerief saamvloei. Een van die grootste voordele van hierdie besonderse eiendom is die ligging. Die woning grens aan 'n Boskamp, wat jou die gevoel gee dat jy deel is van die natuur, terwyl jy steeds die veiligheid en gerief van die landgoed geniet. Wild soos rooibokkies, bosbokkies, Njalas besoek die area gereeld, terwyl die vrolike voe¨llewe en ander Bosveld-inwoners elke dag deel vorm van hierdie rustige omgewing. Die eiendom beskik oor 'n pragtige binnetuin wat met groot sorg ontwerp en gevestig is. Vanaf die ruim stoep met ingeboude braai geniet jy 'n rustige uitsig oor die kleurvolle tuin – 'n heerlike plek om te ontspan, familie te onthaal of eenvoudig die Bosveld-atmosfeer in te neem. Die voordeur lei na 'n ruim oopplan sitkamer, eetkamer en kombuis waar natuurlike lig en sagte roomkleurige afwerkings 'n moderne, warm en ruim gevoel skep. Die kombuis is afgewerk met elegante granietwerkblaaie en bied 'n praktiese uitleg wat ideaal is vir die alledaagse lewe sowel as onthaal. Links van die woning is die ekstra ruim motorhuis wat nie net voldoende plek vir jou voertuig bied nie, maar ook ruimte vir 'n wasmasjien, tuimeldroe¨r en addisionele berging. Die gang lei na die slaapvertrekke. Aan die linkerkant is die netjiese gastebadkamer, terwyl die tweede slaapkamer aan die regterkant gelee¨ is en 'n rustige uitsig oor die pragtige tuin bied. Aan die einde van die gang is die ruim hoofslaapkamer waar groot vensters die tuin en natuurlike lig na binne bring. Die en-suite badkamer voltooi hierdie privaat hoofsuite en dra by tot die gevoel van luuksheid en gerief. Die eiendom beskik verder oor 'n ekstra lang afdak wat uitstekende beskerming vir jou voertuig bied. Aan die agterkant van die woning, met uitsig oor die Boskamp, is nog 'n geboude braai waar jy in alle rustigheid die Bosveld kan geniet. Hierdie area is die ideale plek om soggens saam met 'n koppie koffie die voe¨llewe dop te hou of saans die stilte van die natuur te ervaar. Die Oog Aftree Landgoed is een van Suid-Afrika se mees gesogte aftreebestemmings en bied 'n veilige, toegangsbeheerde leefstyl met uitstekende fasiliteite, aktiewe sosiale geleenthede en professionele ondersteuningsdienste wat deur die SAVF (Suid-Afrikaanse Vrouefederasie) beskikbaar gestel word. Die voortdurende uitbreiding en ontwikkeling van die landgoed bevestig die groot aanvraag en uitstekende beleggingswaarde van hierdie unieke Bosveld-gemeenskap. Vir natuurliefhebbers is hierdie woning 'n droom wat waar word. Geniet kilometers se staproetes deur die privaat natuurreservaat waar jy gereeld wild soos kameelperde, koedoes, rooibokke, blesbokke en 'n groot verskeidenheid voe¨lspesies kan bewonder. Hier leef jy in harmonie met die natuur sonder om op veiligheid, gerief of gemeenskap in te boet. Eiendomskenmerke: 2 Ruim slaapkamers 2 Badkamers (hoof en-suite) Oopplan sitkamer, eetkamer en kombuis Granietwerkblaaie Stoep met ingeboude braai Pragtige, gevestigde binnetuin Ekstra ruim motorhuis Plek vir wasmasjien en tuimeldroe¨r Ekstra lang afdak Tweede ingeboude braai met uitsig oor die Boskamp Gelee¨ teen die Boskamp vir maksimum privaatheid Veilige, toegangsbeheerde aftreeleefstyl Natuurreservaat met staproetes, wild en volop voe¨llewe Hierdie is meer as net 'n woning – dit is 'n Bosveld-leefstyl waar natuur, rustigheid en veiligheid elke dag deel van jou lewe word. Kontak my vandag nog om 'n privaat besigtiging te ree¨l en ontdek self waarom hierdie besonderse woning een van die mooiste liggings in Die Oog Aftree Landgoed geniet. Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Estimated monthly repayment
R 16 054
on a R 1 530 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Fair-value check
Priced highPriced 73% above comparable 2-bed houses for sale in Mookgopong
Based on 46 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Listed by
Nkosinathi Smith
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 1 750 000
Bela Bela
Flat / ApartmentR 1 700 000
Rietfontein
HouseR 1 695 000
Modimolle
HouseR 1 995 000
Leeupoort
TownhouseR 1 500 000
Bela Bela
HouseR 1 740 000
Aquapark
HouseR 1 650 000
Thabazimbi
HouseR 1 460 000
Phalaborwa