Find it.Tour it.Trust it.






































House1 / 39Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
R 2 490 000
EKSKLUSIEWE MANDAAT Moderne Gesinshuis met Uitstekende Onthaalgeriewe en Potensiaal vir ’n Granny Flat Hierdie is ‘n ongelooflike moderne, goed beplande eiendom – ideaal vir die groot gesin vir mense wat lief is vir onthaal, asook vir ‘n gesin wat ‘n ouer of familie lid by hulle huisves. Wanneer jy by die huis aankom, stop jy voor die drie motorhuise. Daar is een enkel motorhuis aan jou linkerkant wat die binnemuur oopgemaak is na die dubbel motorhuis reg voor jou. Dan stap jy deur die tuinhekkie met pragtige katbeelde weerskante van die paadjie binne in ‘n goedversorgde tuin wat baie mooi beplan is. By die voordeur is die portaal reg voor jou met ‘n opening aan die linkerkant na die ruim sitkamergedeelte met groot vensters wat op die tuin uitkyk. Reg voor jou stap jy in die kombuis in wat baie ruim is met pragtige kaste en blaaie. Dit is ‘n semi-oopplan met die eetkamer. Vanaf die kombuis is die onthaalkamer ook sigbaar deur ‘n opening met maklike toegang tot beide vertrekke. Die onthaalvertrek is ‘n baie ruim vertrek met pragtige spiee¨ls en rakkies teen die muur wat dit nog groter laat vertoon. Daar is ‘n ingeboude braai wat seker maak dat jy ure van genot saam met vriende en familie daar kan deurbring. Daar is ook ‘n buitedeur vanaf die onthaalkamer na die klein agterplaas wat weer ‘n deur het na die motorhuise en ‘n buite toilet wat potensiaal het om hierdie area in ‘n pragtige klein woonstel te omskep. Vanuit die kombuis stap jy in die opwas in wat ook ‘n ander klein vertrekkie het wat omskep kan word in ‘n waskamer, maar huidiglik as ‘n pakarea gebruik word. Daar is ook ‘n deur wat vanaf die opwas direk in die motorhuis ingaan. Die eetkamer het ook ‘n deur na die agterkant waar daar twee watertenks met pompe is. Een is vir tuinwater en een vir huishoudelike gebruik. Daar is ook ’n afdak waar ‘n los braai tans gebruik word om te braai en kuier, afhangende van die weer en die sonrigting. Vanaf die portaal aan die regterkant is die gang na die slaapkamers. Eerste aan die linkerkant is ‘n volledige badkamer met ‘n stort, hoekbad, wasbak en toilet Daarna is die eerste slaapkamer aan die regterkant, baie ruim met baie kaste en vensters wat op die tuin uitkyk. Oorkant hom is ‘n kleiner slaapkamer met ingeboude kaste. Aan die einde van die gang is die hoofslaapkamer wat baie ruim is en oor baie kaste beskik en uitkyk op die voortuin en sy eie en-suite badkamer het met ‘n bad, wasbak en toilet. Die huis beskik oor 10 sonpanele, ‘n 5kVA inverter en ‘n batterystelsel wat help om kostes te bespaar. Die ligte en bykomstighede in die huis is van hoee¨ standaard. Die meubels in die huis is ook beskikbaar soos dit tans is, insluitend gordyne, eetgerei, spiee¨ls, meubels en los items – met ander woorde ‘as is’ – teen ‘n ekstra koste. Moenie hierdie besonderse eiendom by jou laat verbyaan! Skakel my vandag. Alhoewel elke poging aangewend is om die akkuraatheid van die verskafte inligting te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie aanspreeklik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en moet onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer word.
Estimated monthly repayment
R 23 514
on a R 2 241 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Mookgopong, Mookgopong, Mookgopong, Limpopo
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Fair-value check
Priced highPriced 76% above comparable 3-bed houses for sale in Mookgopong
Based on 68 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Listed by
Jan Moodley
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 2 600 000
Groblersdal
HouseR 2 650 000
Mookgopong
HouseR 3 200 000
Bela Bela
HouseR 2 600 000
Serala View
HouseR 2 800 000
Aloe Ridge
HouseR 1 950 000
Phalaborwa
TownhouseR 2 300 000
Bendor
HouseR 2 360 000
Kameeldoringpark