Find it.Tour it.Trust it.



























House1 / 28Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
R 2 985 000
Hierdie pragtige woonhuis in Kranspoort bied u 3 ruim slaapkamers met 2 badkamers waarvan die hoofslaapkamer en-suite is. Beide badkamers is toegerus met 'n groot bad, stort, wasbak en toilet waarvan die hoofslaapkamer 'n dubbel wasbak het. Daar is 'n aparte opwasarea en die kombuis se agterdeur stap gemaklik uit na 'n parkeerarea vir wanneer u die woning op een vlak wil ingaan. Vanuit die oopplan leefarea met kombuis, sitkamer en eetkamer stap u gerieflik uit op die reuse groot onthaalarea/veranda met 'n ingeboude braai, genoeg pakplek en 'n pragtige swembad. Netjies afgewerk met hout, alliminium en glas reelings. Vanuit hierdie groot onthaalarea kyk u uit oor die pragtige tuin met sy Koorsbome en u het 'n pragtige uitsig oor die Kranspoort dorp. Die huis is toegerus met 'n alarmsisteem, 'n solarsisteem met 'n 5KW omskakelaar en twee lithium batterye, 'n kragopwekker en 'n water lugverkoelingsisteem regdeur die huis. Die dubbel motorhuis is elektries en daar is 'n werkskamer/pakkamer en geriewe. 'n Addisionele dubbel motorhuis/werkskamer verseker dat daar genoeg pak en bereplek is vir 'n man wat dit geniet om in die motorhuis te werskaf. Daar is baie netjiese plaveisel en 'n lae onderhoudstuin. Kranspoort is gelee op die N11 tussen Middelburg en Groblersdal en 'n klipgooi van die gewilde Loskopdam en reservaat. Hier loop wild tussen die woonhuise rond en kan kinders met fietse in strate gaan ry of die bosveld omgewing verken sonder enige bekommernis van ouer kant. Kranspoort bied aan inwoners 4x4 roetes, staproetes, 'n 9 Putjie gholfbaan, Diskgolf, 'n klubhuis waar etes bestel kan word, meer as een restaurant in die omgewing, 'n gemeenskapskerk, drankwinkel en Kudu Mini Market, Mossienes Kwekery en dan ook Moot Stooreenhede en Die Moot Restaurant oorkant die hoofingang van Kranspoort. Kom besoek gerus Kranspoort en geliewe my asb te skakel vir 'n afspraak om hierdie pragtige woning vir u te gaan wys.
Estimated monthly repayment
R 28 188
on a R 2 686 500 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
Fair-value check
Fairly pricedIn line with comparable 3-bed houses for sale in Kranspoort
Based on 29 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Listed by
Kagiso Tshabalala
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 2 100 000
Dyksrus
HouseR 2 980 000
Noordrand
HouseR 2 150 000
West Acres Ext 20
PlotR 2 440 000
Sundale Ah
PlotR 2 390 000
Hilltop Ah
HouseR 2 800 000
Fransville
HouseR 3 400 000
Hazyview
HouseR 2 850 000
Steiltes