Find it.Tour it.Trust it.



























































House1 / 60Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
R 3 750 000
ALLEENMANDAAT: 'n Lieflike woonhuis is hierdie woning verseker. 'n Heerlike leefhuis - beslis. Goed beplan en prakties in uitleg. Die huis bied u 'n ruim leefarea met 'n reuse groot sitkamer, eetkamer en oopplan kombuis wat uiters goed vloei met 'n ontbyt eiland, aparte opwasarea asook 'n groot waskamer met 'n massiewe inloop spens. Die kombuis stap uit met dubbeldeure op 'n ontbyt patio area aan parkland kant waar u soggens 'n heerlike koppie koffie kan drink en uitkyk oor die groot bebosde dubbel erf en aangrensende parkland met 'n verskeidenheid van pragtige wild. Hierdie is eerlikwaar 'n woning wat u moet ervaar en besoek. Stilte in hierdie area omvou jou en die woning is uiters privaat feitlik aan alkant. Die huis bied u boonop verder 'n naaldwerk/stokperdjie kamer, 'n studeerkamer, 'n groot linnekamer/stoorkamer, 'n tv kamer, gastegeriewe, drie slaapkamers en drie en-suite badkamers volledig met bad, stort, wasbak en toilet. Die hoofslaapkamer is baie groot met twee inloopkaste en meer as genoeg pak en hangplek. Vanuit die hoofslaapkamer stap u ook uit op 'n private stoeparea met 'n lieflike uitsig. Die gastekamers met hul en-suite badkamers is privaat en deel 'n gemeenskaplike sonnige sitkamer waar gaste heerlik privaat kan verkeer. Daar is ook geriewe vir gaste. Die motorhuis is ongeveer 175 vierkante meter groot met 2 aparte motorhuisdeure vir parkering vir 2 groot voertuie, 'n dubbel ekstra-hoogte elektriese deur motorhuis met parkering vir 'n groot 16 voet boot en 2 karavane met genoeg spasie vir 'n werksarea ook. Daar is ook buitegeriewe. Hierdie pragtige woonhuis grens teen die groenstrook area en die huis is gebou op 'n dubbel erf wat gekonsolideer is. Die woonhuis, motorhuise, leefvertrek, hoofslaapkamer, kombuis, swembad, ''pool room'' en stoepareas is op een vlak en die twee gastekamers apart op die onderste vlak wat mens met trappe van binne die huis kan bereik of dan op grondvlak van buite. Die huis is toegerus met 'n alarm, 'n solarsisteem asook 'n watersuiweringssisteem en 'n watersuiweraar in die kombuis. Daar is ook 'n boorgat. Daar is twee geysers wat die huis bedien geinstalleer in 'n netjiese veilige geyser kamer. Alles is hierdie huis is goed beplan en met sorg onderhou. Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie lieflike eiendom te besoek.
Estimated monthly repayment
R 35 412
on a R 3 375 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Fair-value check
Priced highPriced 36% above comparable 3-bed houses for sale in Kranspoort
Based on 23 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
HouseR 2 900 000
Del Judor
HouseR 4 190 000
Reyno Ridge
HouseR 3 490 000
Secunda
HouseR 4 350 000
Bethal
HouseR 3 184 000
Ben Fleur
HouseR 4 495 000
Gholfsig
HouseR 3 855 000
Reyno Ridge
HouseR 4 200 000
Bankenveld Golf Estate