Find it.Tour it.Trust it.
























House1 / 25Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
S170, Bloubessie Singel, Orania, Orania, Northern Cape
R 1 970 000
Hierdie moderne, hoëgehalte 3-slaapkamerwoning in die gesogte Karoosig-omgewing van Orania bied stylvolle, praktiese leefruimte met ’n sterk fokus op gerief en energie-doeltreffendheid. Met ’n vloeroppervlakte van 140m² en uitstekende afwerkings deurgaans, is hierdie woning ideaal vir gesinne wat kwaliteit en rustigheid waardeer. Die hoofslaapkamer beskik oor ’n en suite-badkamer sowel as ’n ruim, moderne inloopkas wat volop pakplek bied. Die twee addisionele slaapkamers word bedien deur ’n tweede netjiese badkamer, met dieselfde luukse afwerkings en aandag aan detail. Die hart van die huis is ’n ruim oopplan-leefarea waar die kombuis en sitkamer naatloos in mekaar vloei. Die kombuis is smaakvol ontwerp met ’n sentrale eiland wat beide funksionaliteit en geselligheid bevorder—ideaal vir onthaal en alledaagse leef. Hoëgehalte afwerkings en moderne toebehore voltooi hierdie stylvolle ruimte. Die kreatiewe gebruik van genoeg vensters en skuifdeure laat oorvloedige natuurlike lig instroom en skep ’n helder, uitnodigende atmosfeer regdeur die huis. Die eiendom is volledig geteel en ontwerp vir ’n lae-instandhouding leefstyl. Die agtererf is netjies met grysklip uitgevoer, terwyl die voortuin onlangs opgegradeer is met vars grond, nuut gevestigde gras en ’n geïnstalleerde besproeiingstelsel. ’n Enkelslot motorhuis met roldeur bied veilige parkering, en die woning is toegerus met twee gaspunte vir ekstra gerief. Die geïsoleerde chromadek plafonne, tesame met magnesiumoksied-borde (volg gerus hierdie skakel vir meer inligting: [contact via Liivra chat] ) in die mure, verseker uitstekende temperatuurbeheer en energiedoeltreffendheid regdeur die jaar. Geleë in ’n stil, gesinsvriendelike buurt met min verkeer, en binne maklike bereik van skole en winkels, bied hierdie eiendom ’n uitstekende geleentheid om moderne Karoo-leefstyl in ’n veilige en rustige omgewing te geniet. Lenings kan bekom word by OSK bank. Voornemende kopers moet Orania Verblyfreg kry. Orania is 'n aandeleblokskema. Volg die muis na jou nuwe huis! Kontak Huis Muis eiendomme vandag nog en geniet 'n persoonlike besigtiging van hierdie fantastiese eiendom. Ons kan jou ook help met finansiering of enige ander eiendomsverwante navrae. Moenie hierdie uitsonderlike geleentheid misloop nie! Skakel ons nou dadelik. Huis Muis Eiendomme: Bevoegdheid, Ervaring, Uitnemendheid.
Estimated monthly repayment
R 18 603
on a R 1 773 000 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
S170, Bloubessie Singel, Orania, Orania, Northern Cape
Liivra AI market value
AI estimate only; not a valuation. Consult a registered valuer or estate agent before making an offer.
Fair-value check
Fairly pricedIn line with comparable 3-bed houses for sale in Orania
Based on 68 comparable listings
A market signal from comparable listings — not a formal valuation.
Listed by
Dineo Khoza
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 1 720 000
Port Nolloth
HouseR 2 370 000
Rhodesdene
HouseR 1 395 000
Delportshoop
HouseR 2 290 000
Herlear
HouseR 1 630 000
South Ridge
HouseR 1 885 000
Homestead
PlotR 1 864 200
Hopetown
HouseR 1 400 000
Mcdougall''s Bay