Find it.Tour it.Trust it.



























House1 / 28Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
R 3 278 000
Hierdie uiters netjiese woning In Kranspoort, gelee in 'n cul-de-sac, is 'n "intrek en bly" huis. Hier is geen werk te verrig nie en met alles in plek is u verseker van krag met 'n baie sterk en groot Deye solarsisteem met 20 panele asook 20 000Lt waterherwinnings opgaar tenks. Daar is vliee-skerms "fly screens" voor al die vensters en deure. Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers waarvan die hoofslaapkamer se badkamer en-suite is en pragtig ingerig is met genoeg kassies vir pakplek, 'n groot bad, wasbak en toilet. Die gastebadkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Al die kamers het genoeg ingeboude kaste en die hoofslaapkamer se kaste is met sorg beplan en daar is meer as genoeg hang en pakplek. Die kamers is ruim en groot. Die hoofslaapkamer het 'n lugverkoeler en die twee gastekamers dakwaaiers. Die huis het 'n formele sit- en-eetkamer wat deel vorm van die oopplan kombuisarea. Daar is dan verder ook 'n aparte TV kamer en 'n braaikamer gesellig ingerig met sitplek en 'n groot 2de eetkamer tafel waar familie en vriende heerlik kan braai, kuier en gesellig verkeer. Die kombuis het 'n gas hob en 'n ooghoogte elektriese oond. Daar is ook 'n aparte opwasarea. Die huis het boonop 'n groot vertrek wat ingerig is vir die reuse solarsisteem, die wasmasjien en tuimeldroer, ekstra yskaste en oefenapparaat sowel as werkstasies vir twee mense. Ingerig kompleet met ingeboude kaste vir pakplek en groot werksblaaie . 'n Uiters goed deurdagte en beplande werksarea. Vanuit hierdie vertrek stap jy dan na buite na die onderdak parkeerarea. Die huis is ook vanaf hierdie parkeerarea bereikbaar op een vlak en kan daar met gemak toeganklikheid verleen word aan persone wat rolstoele of looprame gebruik. Voorwaar 'n woning wat jou baie meer bied as die gemiddelde woonhuis. Die sprankelende swembad is verhit en gebou om privaatheid te verseker in sy eie binneplein. Vanuit die onthaal/braaikamer kan daar 'n ogie gehou word oor kinders en kleinkinders wat in die swembad baljaar. Die braaikamer/onthaalarea is toegerus met 'n lugverkoelingsstelsel. Die huis het dan ook 'n volledige twee slaapkamer woonstel, kompleet met sitkamer, kitchenette, en badkamer. Die eerste gastekamer in die woonstel is toegerus met 'n koningingrootte bed, speeltafel en dakwaaier en ingeboude kaste. Die tweede gastekamer in die woonstel het twee enkelbeddens, 'n dakwaaier en ingeboude kaste. Die woonstel se badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Uiters netjies, privaat en ideaal vir kinders, kleinkinders of gaste wat kom kuier. Kranspoort is enig en uniek. 'n Stukkie juweel hier in die bos met sy eie watersuiweringsaanleg, abbatoir, 9 putjie gholfbaan, 4x4 roetes, staproetes, wild wat vrylik tussen die woonhuise deurbeweeg, 'n Raasblaarsaal wat uitverhuur word vir groot kuiers, piekniekplekke, 'n baie aktiewe jukskei klub, 'n markdag wat gereeld aangebied word en vele meer. Goeie bestuur en beheer oor paaie en dienste. Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie eiendom te besoek. Ek sal u graag wil ontmoet en hierdie pragtige woning in 'n cul-de-sac, met goeie bure, en 'n Noord-aansig, graag vir u wil wys.
Estimated monthly repayment
R 30 955
on a R 2 950 200 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
Kranspoort, Kranspoort, Middelburg, Mpumalanga
Listed by
Elmarie Fourie
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
PlotR 2 390 000
Hilltop Ah
HouseR 2 500 650
Kingsview
PlotR 2 440 000
Sundale Ah
HouseR 2 800 000
Fransville
HouseR 2 980 000
Noordrand
HouseR 2 600 000
Valencia Park
HouseR 3 400 000
Hazyview
HouseR 2 850 000
Steiltes