Find it.Tour it.Trust it.















































House1 / 48Pick how you want to view this place
Schedule an in-person walkthrough or a live video call with the host. Both go through Liivra — your phone number stays private until the host confirms.
22 Oewer Laan, Orania, Orania, Northern Cape
R 6 987 500
Hierdie uitsonderlike rivierfront-eiendom in die gesogte Vluytjeskraal-Noord Eco Estate in Orania is meer as net ’n huis—dit is ’n belewenis, ’n leefstyl, en ’n seldsame kans om werklik vry te leef op die oewer van die Oranjerivier. Van die oomblik wat jy hier aankom, tref die rustigheid jou. Die uitsig oor die water, die sagte vloei van die rivier en die oop Karoo-lug skep ’n atmosfeer wat moeilik beskryf kan word—maar onmiddellik gevoel word. Hier word elke dag stadiger, eenvoudiger… en beter. Die hoofwoning is ontwerp met lig, ruimte en vloei in gedagte. Twee ruim slaapkamers en twee badkamers (waarvan een en suite is) bied gemak en privaatheid, terwyl skuifdeure vanuit die leefarea en slaapkamers die natuur letterlik deel maak van jou huis. Die moderne kombuis vorm die hart van die leefruimte—’n plek waar familie en vriende bymekaarkom. Lugverkoeling sorg vir gerief, terwyl die energie-doeltreffende magnesiumoksiedmure (volg gerus die skakel vir mer besonderhede [contact via Liivra chat] geïsoleerde Chromadek-plafonne deurentyd ’n aangename binnetemperatuur handhaaf. Met ’n 10kVA battery en 5kW inverterstelsel is jy onafhanklik en voorbereid vir enige situasie. Die eiendom verras verder met sy ongelooflike veelsydigheid. ’n Groot addisionele struktuur, tans gebruik as motorruimte, bied eindelose moontlikhede—van ’n stylvolle onthaalarea tot ’n kreatiewe werksruimte of selfs verdere verblyf. Die karaktervolle “man cave” en aparte kragkamer/spens voeg nog ’n unieke dimensie by. Twee volledig selfstandige woonstelle, elk met twee slaapkamers, ’n badkamer, leefarea en kombuisie, maak hierdie eiendom ideaal vir gaste, uitgebreide familie of ’n konstante huurinkomste. Met hul eie 5kVA kragstelsels funksioneer hulle volledig onafhanklik. In totaal bied die eiendom ses slaapkamers, vier badkamers, drie kombuise en drie leefareas—’n skaars kombinasie van ruimte, privaatheid en praktiese uitleg. Buite ontvou die eiendom oor drie vlakke—bo vir leef, middel vir groei en ontwikkeling, en onder waar die rivier jou grens raak. ’n Gevestigde vrugteboord, besproeiingstelsel en netjiese staaltunnel maak selfonderhoud nie net moontlik nie, maar aantreklik. Die absolute hoogtepunt is jou eie klipjetty wat in die Oranjerivier instrek—’n plek vir stil oomblikke, visvang of sonsondergange wat jy nooit sal vergeet nie. Met ruim parkering, insluitend ’n afdak vir vier voertuie en plek vir nog agt of meer, asook ’n pragtige straatfront met druiwepriëels, natuurlike Orania-klip oprit en gabion-stutmure met ’n dekoratiewe waterval, is elke detail hier deurdag en stylvol. Geleë in ’n veilige Eco Estate met lae diensfooie, bied hierdie eiendom ’n leefstyl waar kinders vry kan grootword, waar jy weer kan asemhaal, en waar buitelewe deel van jou daaglikse bestaan word. Eiendomme soos hierdie is uiters skaars. Hierdie is nie net ’n goeie belegging nie—dit is ’n geleentheid om jou lewe te verander. Lenings kan bekom word by OSK bank. Voornemende kopers moet Orania Verblyfreg kry. Orania is 'n aandeleblokskema. Volg die muis na jou nuwe huis! Kontak Huis Muis eiendomme vandag nog en geniet 'n persoonlike besigtiging van hierdie fantastiese eiendom. Ons kan jou ook help met finansiering of enige ander eiendomsverwante navrae. Moenie hierdie uitsonderlike geleentheid misloop nie! Skakel ons nou dadelik. Huis Muis Eiendomme: Bevoegdheid, Ervaring, Uitnemendheid.
Estimated monthly repayment
R 65 985
on a R 6 288 750 bond over 20 years at 11.25%
Estimate only — actual rates depend on your credit profile + bank approval. Consult a bond originator for a formal quote.
Tell me your monthly income + any deposit — I'll estimate your bond, rates & levies for this home.
Get pre-approval from one of our bond partners.
22 Oewer Laan, Orania, Orania, Northern Cape
Area view — the exact address is shared on enquiry.
Listed by
Thulani Khoza
Unclaimed listing — claim it to verify
Use the Message agent button at the bottom of the page to start a Liivra Chat. Your number stays private.
Browse more from this agent
HouseR 7 100 000
Middelpos
HouseR 7 450 000
Middelpos
HouseR 7 930 000
Upington Rural
HouseR 5 900 000
Kathu
HouseR 6 000 000
Olyfvenhoudtsdrift
HouseR 5 490 600
Roylglen Gardens
HouseR 5 495 000
Roylglen Gardens
HouseR 5 298 600
Postmasburg